On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#Luister: Boodskappe van medelye stroom in vir Aartsbiskop Tutu vanuit die NK, Namibië

───   09:30 Tue, 28 Dec 2021

#Luister: Boodskappe van medelye stroom in vir Aartsbiskop Tutu vanuit die NK, Namibië | News Article
Foto: N. Engelbrecht (Sapa)

Die voormalige Noord-Kaapse Premier en huidige Adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Sylvia Lucas, sê die heengaan van die wêreldbekende Aartsbiskop Desmond Tutu is 'n massiewe verlies vir Suid-Afrika en die wêreld.

Lucas sê sy word geïnspireer deur die feit dat Tutu se bydrae tot die verbetering van die lewe van alle Suid-Afrikaners iets was waarvoor hy gelewe het.



Intussen sê Professor in plantkunde en tradisionele leier, Stanley Peterson, wie ook onlangs as speaker van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaleteit verkies is, dat Tutu se omgee die Griekwa-gemeenskap altyd sal bybly. 



Daarmee saam het Professor André September, voormalige spesiale gesant vir die Namibiese regering, op sy beurt vanuit Windhoek in Namibië gesê die lewe van Aartsbiskop Tutu het tot leiers in die Verenigde Nasies (VN) geïnspireer.

September sê die de heengaan van Tutu is 'n massiewe verlies vir veral die stem van die kerk in geheel. 



OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.