On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Besoekers stroom na Augrabies

───   09:30 Wed, 29 Dec 2021

Besoekers stroom na Augrabies  | News Article
Foto's: Die woordvoerder vir SANParke in die Noord-Kaap, Genevieve Maasdorp.

Die Augrabies Nasionale Park bars uit sy nate met besoekers wat die waterskouspel weens die onlangse reën en loslaat van miljoene liter water vanuit die Gariep- en Vanderkloofdamme gaan besigtig.

Die woordvoerder vir SANParke in die ZF Mgcawu-streek in die Noord-Kaap, Genevieve Maasdorp, sê 1 204 kubieke meter per sekonde water vloei tans deur die valle, wat dit die eerste keer in jare maak, aangesien die normale watervloei tussen 20 en 50 kubieke meter per sekonde vloei. 

Maasdorp sê nagenoeg 3 935 dagbesoekers het sedert Kersdag die park besoek. 

Sy sê geen besprekings word vir dagbesoekers vereis nie terwyl oornagbesoekers aanlyn kan bespreek.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.