Central SA
Noord-Kaapse tiener vermis─── 07:17 Fri, 31 Dec 2021
'n 17-jarige, Jean Van Reenen Olivier van Kakamas, Noord-Kaap, is steeds soek na hy Dinsdag in die Oranjerivier by Swartbooisberg verdwyn het.
OFM-nuus het inligting ontvang dat die soektog na Olivier onverpoosd voortduur.
Dit, nadat die tiener en sy vriendin Dinsdag gaan swem het in die Oranjerivier.
Die vriendin, wie se naam nog weerhou word, noem dat Olivier oor die rivier wou swem.
Reddingspanne van die Kimberley- en Upington SAPD lei die soektog.
Plaaslike boere het hul privaat vliegtuie en hommeltuie beskikbaar gestel om na Olivier te soek.
Stroomversnellings na onlangse swaar reënval bemoeilik wel die soektog.
OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete
