On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Augrabies Nasionale Park dagbesoekersarea tydelik gesluit

───   11:00 Tue, 04 Jan 2022

Augrabies Nasionale Park dagbesoekersarea tydelik gesluit | News Article

SANParke het 'n kennisgewing uitgestuur dat die Augrabies Nasionale Park se dagbesoekersarea tydelik gesluit is weens die hoë volume water wat reeds teen 2 045 kubieke meter per sekonde vloei.

Die dagbesoekersarea sluit in braaigeriewe en 'n swembad.

Geen sedan-voertuie word ook langer op die wildkykpad toegelaat nie terwyl voertuie met hoë grondvryhoogte toegelaat sal word.

Die parkbestuur noem dat dié beperkings slegs tydelik is en sal opgehef word sodra die water teruggetrek het en die vloei weer terugkeer na normaal. 

Die bestuur bedank almal vir hul geduld en begrip.


OFM-nuus/ Mia-leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.