On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

'Skole in die ZF Mgcawu-streek slaggereed vir die eerste kwartaal van 2022'

───   08:30 Wed, 05 Jan 2022

'Skole in die ZF Mgcawu-streek slaggereed vir die eerste kwartaal van 2022' | News Article

Skole in die ZF Mgcawu-streek in die Noord-Kaap is slaggereed vir die eerste kwartaal van 2022 wat op 19 Januarie begin.

Dit is volgens die direkteur vir onderwys in dié streek, Gordon March, nadat die Departement van Onderwys nasionaal aangekondig het dat skole vanjaar in twee fases gaan open.

March sê opvoeding is van kardinale belang en dat sy kantoor alles in hulle vermoëns doen om te verseker dat gehalte onderrig aan die orde van die dag sal wees. 

Hy voeg by dat die departement gaan verseker dat streng Covid-19 regulasies ten alle tye nagekom word, en moedig ouers aan om nie kinders onnodig tuis te hou nie. 

March sê die departement bied waar nodig ondersteuning aan skole om skoolverlaters terug in die skoolbanke te kry. 

Hy sê jongmense in die ZF Mgcawu-streek moet skouer aan die wiel sit om deur middel van opvoeding hulle en die gemeenskappe waarin hulle woon, se omstandighede te verbeter.


OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.