On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas weens dwelms in Upington

───   16:06 Thu, 06 Jan 2022

Twee vas weens dwelms in Upington | News Article

Die Noord-Kaapse polisie in Upington het vanoggend twee verdagtes in hegtenis geneem, ná ‘n gesamentlike poging tussen die SAPS se Georganiseerde Misdaadvoorkomingseenheid (Valke) en grenspolisie.

Die mans is by ‘n huis in die Progress-woonbuurt betrap met 16 selfone, asook 79 gram Mandrax-poeier, insluitend 1 gram tik, en juweliersware.

Die Valke se Nomtandazo Mnisi sê daar is ook tydens die operasie beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant.

Die mans, onderskeidelik 40 en 43 jaar oud, sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, asook die handel en besit van dwelms.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.