On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Boer dood ná skietvoorval in NK

───   11:47 Tue, 11 Jan 2022

Boer dood ná skietvoorval in NK | News Article

Die polisie op Pella in die Noord-Kaap ondersoek 'n moord nadat 'n boer glo deur 'n familievriend doodgeskiet is.


Luidens die polisie is die boer in die bors geskiet en is hy op die toneel dood. Woordvoerder Sergio Kock, sê die verdagte is in hegtenis geneem en behoort binnekort in die Springbok-landdroshof te verskyn. 

Hy voeg by die ondersoek duur steeds voort en die publiek word gevra dat enigiemand wat inligting rakende hierdie voorval het, Adjudant Bemampte Micheal Rakhaba  onmiddelik by 082 495 4787 skakel.

Daar word beweer dat die boer en sy vrou Saterdag 8 Januarie 2022 omstreeks 14:00 in 'n onderonsie betrokke was toe 'n manlike familievriend ingegryp het.

OFM-Nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.