On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

NK vol vertroue vir akademies-suksesvolle 2022

───   BLAINE JONES 10:32 Wed, 12 Jan 2022

NK vol vertroue vir akademies-suksesvolle 2022 | News Article
PHOTO: Wikimedia Commons

Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys is gereed vir die 2022 akademiese skooljaar.

Alles dui daarop dat die provinsie se skole gereed is om hulle leerders te verwelkom op 19 Januarie 2022. 

Geoffrey van der Merwe, die departement se woordvoerder, sê die departement het aansienlike vordering gemaak om die aanlyn toelatingstelsel te verbeter om te verseker dat leerders betyds by skole geplaas word voor die begin van die nuwe akademiese jaar. 

'n Totaal van 22 585 aansoeke vir graad R, 1 en 8 is vir die 2022-skooljaar ontvang. Tot op hede is al hierdie leerders geplaas, maar 1 214 appèlaansoeke is ontvang, waarin ouers aangedui het dat hulle alternatiewe plasing soek.

Slegs 57 appèlaansoeke is as substantief geag, waarin daar aan die plasingskriteria voldoen is vir die skool waarvoor aansoek gedoen is. Die skoolplasings van leerders wie se ouers nie betyds aansoek gedoen het nie, bly die grootste uitdaging, want dit skep vertragings in terme van die plasing van hierdie leerders. Die departement het toelatingsentrums gestig om alle uitdagings en -navrae te hanteer. Die departement is besig om uitstaande appèlaansoeke te finaliseer voordat skole begin.

Die departement se voorsieningsmodel om handboeke te bekom, word deur 545 skole gebruik om handboekbestellings te doen. Altesaam 309 skole het gekies om van die gesentraliseerde voorsieningsmodel gebruik te maak, terwyl 236 skole hul leer- en onderrig-ondersteuningsmateriaal direk van die verskaffers af verkry het. Tot op hede staan die aflewering op 96% en dit sal in hierdie week voltooi word.

"Ons het die aanstelling van 1 686 tydelike opvoeders vir die 2022-skooljaar beklink. Hierbenewens is 170 skoolhoofde, adjunkhoofde en departementshoofde, sowel as 380 opvoeders (voorheen op kontrak) vanaf 1 Januarie 2022 aangestel. Nuwe skoolbestuurders word tans in hul nuwe verantwoordelikhede opgeneem,” sê Van der Merwe.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.