On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Khoisan-koning vas weens dagga onder Mandela se wakende oog

───   14:13 Wed, 12 Jan 2022

Khoisan-koning vas weens dagga onder Mandela se wakende oog | News Article
Die handjievol Khoisan wat op 'n terras by die Uniegebou in Pretoria kampeer totdat hulle meer regte vir Suid-Afrika se oudste volk kan beding, het vroeër aan die media gesê die dagga in hul groentetuin hou die koronavirus weg. FOTO: Deon Raath/Netwerk24

Die Khoisan-koning, wat al meer as drie jaar lank in Pretoria aan die betoog was, is in hegtenis geneem weens die plant van dagga in die Uniegebou se tuine.

Die koning is saam met twee ander persone - 'n man en 'n vrou - in hegtenis geneem. 'n Klein groepie Khoisan-gemeenskapslede het in tente meters van die standbeeld van oud-president Nelson Mandela begin kamp om die aandag van president Cyril Ramaposha te kry oor kwessies wat grond, taal en die herstel van hulle identiteit insluit. 

Koning Khoisan en sy vrou, koningin Cynthia, was sedert 2018 voor die Uniegebou. Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Brigadier Vish Naidoo, en ook dié van president Cyril Ramaposha, Tyrone Seal, was nie vir kommentaar beskikbaar nie. Die Sekretaris-Generaal van die Khoisan-revolusieparty, Cornelius Vernon Peterson, het op sy beurt aangevoer dat die koning nie simpatie van die breë gemeenskap kan verwag nie, gegewe die oortreding wat begaan is. Hy sê die eiendom waarop die koning is, is openbare eiendom en wetgewing moet ten alle tye gerespekteer word. Leiers moet ook nie tendense skep waar hulle die wet oortree en nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie. Peterson sê enige persoon, ongeag wie en watter posisie hy of sy beklee, moet wetsgehoorsaam wees.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.