On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Beweerde reeksverkragter sal ná 13 jaar in hof verskyn

───   BLAINE JONES 12:09 Fri, 14 Jan 2022

Beweerde reeksverkragter sal ná 13 jaar in hof verskyn | News Article

Die saak teen 'n 34-jarige verdagte sal op Maandag 17 Januarie 2022 voor die Bloemfonteinse landdroshof begin waar hy op aanklagte van poging tot moord en 13 aanklagte van verkragting tereg sal staan.

Die verdagte het die afgelope 13 jaar die polisie ontduik maar 'n soektog is na hom begin nadat hy deur DNA met verskeie klagte verbind is. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is Donderdag ná 'n verskerpte soektog van twee weke opgespoor en deur polisiebeamptes in hegtenis geneem. 

Daar word beweer dat die verdagte sy slagoffers verras het deur hulle van agter af te oorrompel, hulle om die nek te gryp, en te dreig om hulle met 'n skerp voorwerp te steek. Hy het dan sy slagoffers na 'n oop ruimte of 'n leë huis gesleep waar hy hulle na bewering verkrag het en daarna weggehardloop het. Al die verkragtings was in die Bloemspruit-omgewing en die slagoffers is tussen 23 en 24 jaar oud, met een slagoffer wat 43 jaar oud is. Die verkragtings het tussen 2009 en 2013 plaasgevind.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.