On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Namakwalanders 'n vierde dag sonder water

───   15:11 Tue, 18 Jan 2022

Namakwalanders 'n vierde dag sonder water | News Article

Die Munisipale Bestuurder vir die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, Samantha Tatas-Titus, sê in 'n skrywe dat die Munisipaliteit deur Sedibeng Water ingelig is dat dit nie daarin kon slaag om herstelwerk betyds te voltooi nie.

As sulks ontvang die munisipaliteit dus tans nog geen water vanaf Sedibeng Water nie.

Sy sê hulle sal die gemeenskap in kennis stel sodra inligting van Sedibeng Water ontvang is oor wanneer watertoevoer weer verwag kan word.

Inwoners van verskeie dorpe in die gebied is hoogs ontsteld aangesien krane al vir vier dae droog is.

Dit gons op sosiale media, met inwoners wat aandring op antwoorde. 

Inwoners meen ook dat watertrokke, soos voorsien deur die munisipaliteit, nie naastenby genoeg is nie.

Intussen sê die waarnemende bedryfs- en instandhoudingsbestuurder van Sedibeng Water in Namakwa, Aneline Botes, dat daar 'n onderbreking in watertoevoer vanaf die Henkries-suiweringsaanleg is.

Volgens Botes is dit as gevolg van 'n gedeelte van die verouderde pyplyn wat onherstelbaar beskadig is.

Botes sê Sedibeng het intussen daarin geslaag om 'n pyp in samewerking met die Black Mountain-myn te vervaardig, en Sedibeng Water is bewus van die waterkrisis van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit.


OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.