On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK Onderwys positief oor nuwe skooljaar

───   BLAINE JONES 08:28 Wed, 19 Jan 2022

NK Onderwys positief oor nuwe skooljaar | News Article
Premier Zamani Saul het die Maths, Science Leadership Academy in Desember besoek, waar sowat 60 leerders van die Kevin Nkoane Skool geleer is om te kodeer. FOTO: Twitter

Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys sal Woensdagoggend amptelik sy skole se deure oopmaak na wat verwagting 'n positiewe begin vir die 2022 akademiese jaar sal wees.

Die kusprovinsies, soos die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, begin die eerste skooltermyn amptelik vandag en dit sal tot 25 Maart 2022 duur. Volgens die Departement van Onderwys is daar 47 skooldae, een openbare vakansiedag en 10 weke vir semester een. Geoffrey van der Merwe, onderwyswoordvoerder, sê die Noord-Kaapse Onderwysdepartement is gereed vir die 2022-skooljaar. Alles dui daarop dat skole gereed is om hul leerders vandag te verwelkom, sê Van der Merwe.

Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement het in November die jaar afgesluit met die aanstelling van 1 686 tydelike opvoeders by openbare skole vir die 2022-skooljaar. Boonop is 170 skoolhoofde, adjunkhoofde en departementshoofde, sowel as 380 opvoeders (voorheen op kontrak), vanaf 1 Januarie 2022 aangestel.

Die Departement se Handboek-voorsieningsmodel word deur 545 skole gebruik om aanvullende handboek-bestellings te plaas. Sowat 309 skole het gekies om van die gesentraliseerde voorsieningsmodel gebruik te maak, terwyl 236 skole hul leer- en onderrig-ondersteuningsmateriaal direk vanaf die verskaffers bekom het. Tot op hede staan die aflewering op 96% en dit sal deur die loop van die week voltooi word. Al 430 skoolvervoer-roetes is operasioneel, terwyl die huidige diensverskaffers op 'n maand-tot-maand-kontrak werk. Die skoolvervoer-tender word gefinaliseer en sal op 1 April 2022 vir implementering toegeken word.

"Ons wens al ons skole 'n produktiewe en inspirerende jaar van leer en onderrig toe. Ons doen 'n beroep op alle leiers en rolspelers in die sektor om hande te vat en die opvoedkundige reis van 2022 te ondersteun," sê Van der Merwe.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.