On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK-skole heropen sonder probleme

───   14:27 Wed, 19 Jan 2022

NK-skole heropen sonder probleme | News Article

556 skole regoor die Noord-Kaap, Suid-Afrika se grootste provinsie, het vanoggend hul deure vir die 2022-skooljaar geopen.

Die Departement van Basiese Onderwys se woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê hulle is tevrede met die leerderopkoms, sowel as die wyse waarop skole leerders ontvang het.

Hy voeg by ‘n 10-dae moniteringsprogram is van stapel gestuur, wat sal kyk na skole se uitdagings en die wyses hoe dit aangespreek word.

Hy sê ‘n verslag sal binne 10 dae ter tafel gelê word om probleme hok te slaan, en ‘n gladde 2022 daar te stel.

Volgens Van der Merwe is sy departement optimisties oor vanjaar, en vasbeslote dat die kurrikulum vir alle grade afgehandel sal word ondanks die voortslepende Covid-19 pandemie.

LUR vir Onderwys, Zolile Monakale, sê sy departement sal alles moontlik doen om enige uitdagings aan te spreek.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.