On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

NW-saak teen beweerde onwettige mynwerkers na streekhof oorgeplaas

───   BLAINE JONES 08:42 Thu, 20 Jan 2022

NW-saak teen beweerde onwettige mynwerkers na streekhof oorgeplaas | News Article

Die Orkney-landdroshof het die saak teen 87 verdagtes - wat teregstaan op klagte wat verband hou met onwettige mynbou - na die Stilfontein-streekhof oorgeplaas.

Die verdagtes sal nou op 2 Maart in dié streekhof verskyn. Die saak is uitgestel vir die polisie om verdere ondersoeke te doen.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê daar is vasgestel dat al 87 persone nie wettige dokumente het om in Suid-Afrika te wees nie en as sodanig onwettig in die land is. Hulle het almal hul borgtogaansoek laat vaar.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, die onwettige besit van goud, diefstal en sameswering om 'n misdaad te pleeg.

OFM-nuus het vroeër berig polisieverslae dui daarop dat agt van die beskuldigdes gewond en ses dood is tydens 'n skietgeveg met lede van die Spesiale Taakmag, bygestaan deur die Valke in Noordwes. Die voorval het plaasgevind tydens 'n intelligensie-gedrewe operasie op 20 Oktober 2021. Een van die beskuldigdes is steeds onder polisiebewaking en ontvang mediese behandeling. Die saak het in sy afwesigheid voortgegaan.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.