On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Verdrinking by Upington-oord ondersoek

───   09:32 Tue, 25 Jan 2022

Verdrinking by Upington-oord ondersoek | News Article

Die oorsaak van die verdrinking van 'n 26-jarige man in 'n swembad by 'n ontspanningsoord buite Upington word deur die plaaslike polisie ondersoek.

Die Noord-Kaapse woordvoerder, Olebogeng Tawana, sê die man is deur medebesoekers in die swembad opgemerk, waarna nooddienste gekontak is wat die man op die toneel dood verklaar het. 

Die oorledene was saam met vriende in die swembad ten tye van die voorval, en geen vuilspel word vermoed nie. Tawana sê inwoners moet uiters versigtig wees by water en nie alkohol gebruik wanneer hulle swem nie. 

Die swembad is intussen gesluit.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.