On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Uitermatige hitte NK se voorland

───   10:27 Wed, 26 Jan 2022

Uitermatige hitte NK se voorland | News Article

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat inwoners van die Noord-Kaap versigtig moet wees omdat warm tot uiters warm toestande Woensdag die provinsie se voorland gaan wees.

Die weerdiens se Wayne Venter sê toestande bevorderlik vir die ontstaan van wegholveldbrande word vir die suidelike dele van die Namakwa-streek voorspel, met maksimum temperature van 38 grade in Upington, 34 in Kimberley en 34 in Sutherland. 

In die aangrensende Vrystaat word miskolle in die ooste verwag, waar dit bewolk sal wees met sonnige weer in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie later in die dag. Bloemfontein se kwik styg tot 31 grade, Kroonstad s'n 30 en Ficksburg en Bethlehem albei tot 28 grade. 

Inwoners van Noordwes, waar dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm gaan wees, gaan 33 grade by Taung ervaar, gevolg deur 32 in Vryburg, 31 in Potchefstroom, en 30 in Mahikeng. 

Venter sê mense moet gereeld vloeistowwe inneem en die hitte vermy waar moontlik.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.