On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Uitspraak voorbehou in VS saak teen Ramaphosa

───   06:25 Fri, 28 Jan 2022

Uitspraak voorbehou in VS saak teen Ramaphosa | News Article

Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het uitspraak voorbehou in AfriForum en die Mafube Besigheidsforum se saak teen president Cyril Ramaphosa en 16 ander respondente.

Dié organisasies het die hof genader in ’n poging om dienslewering in die Mafube Plaaslike Munisipaliteit te verseker en versoek ingryping op nasionale vlak sodat inwoners die dienste ontvang waarop hulle geregtig is.
 
“Die verpligting om dienste te verseker berus op nasionale vlak. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, en uiteindelik die president, moet tussenbeide tree indien die staat nie aan die grondwetlike maatstawwe voldoen nie. 

"Met al die argumente wat vandag aan die hof voorgelê is, bly die kern steeds dat die staat in gebreke bly om die Grondwet af te dwing en sit die inwoners steeds met geen munisipale dienste nie,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir plaaslike regeringsake.


Verklaring

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.