On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

ANC wen tussenverkiesing in Kai !Garib

───   14:49 Thu, 03 Feb 2022

ANC wen tussenverkiesing in Kai !Garib  | News Article

Die ANC in die Noord-Kaap se Kai !Garib Munisipaliteit het die tweedaagse tussenverkiesing gewen wat deur die EFF en die gemeenskapsgebaseerde "Hope for the future" betwis is.

Die ANC het vroeër die Noord-Kaapse Hooggeregshof genader ná klagtes van beweerde onreëlmatighede tydens kiesersregistrasie, en gevra dat die verkiesing uitgestel moet word.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se Elkin Topkin sê egter daar is besluit om met die proses voort te gaan, aangesien voorbereidings reeds getref was.

Topkin voeg by hoewel daar sigbare spanning tussen partye was, is die proses sonder enige voorval afgehandel.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.