On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Pofadder-sakeman se moordenaars kry swaar vonnis

───   14:52 Thu, 03 Feb 2022

Pofadder-sakeman se moordenaars kry swaar vonnis | News Article

Die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Upington het vanoggend 'n lang vonnis aan die moordenaars van die Pofadder-sakeman, Leon Brits, opgelê.

Die 25-jarige Amantle Bareki en sy medebeskuldigde, die 35-jarige Elrich Williams, is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die hoteleienaar.

Hulle is ook met 15 jaar geklap vir roof met verswarende omstandighede, en 'n bykomende 10 jaar elk vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die 37-jarige Jacques van Vuuren is reeds 20 jaar tronkstraf opgelê ná ‘n pleitooreenkoms waarin hy Brits se vrou Suretha by die moord betrek het.

Suretha Brits is vir 25 jaar tronk toe gestuur.

Brits het skuld beken op aanklagte van moord en roof, en 'n pleit ingevolge artikel 105 A van die Strafproseswet 51 van 1977 gemaak.

Leon Brits se lyk is in 'n swembad by een van sy eiendomme gevind.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.