On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Departement ondersoek bewerings van wangedrag by NK-skool

───   09:39 Fri, 04 Feb 2022

Departement ondersoek bewerings van wangedrag by NK-skool | News Article

Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys ondersoek bewerings van wangedrag teen die Kakamas Hoërskool se beheerliggaam.

Die departement sê die ondersoek van aantygings wat gemaak word teen die skool se beheerliggaam is in 'n gevorderde stadium. 

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement, sê van die bewerings is die wanbestuur van skoolgeld. Ouers het die departement konfidensieel oor die beweerde wanbestuur ingelig. 

Van der Merwe sê die beweerde wanbestuur het daartoe gelei dat die skool nie vanjaar leermateriaal kon aanskaf vir leerlinge nie, en dat die geld wat die departement bewillig het, ook gebruik is.

Hy voeg verder by dat die departement die drie tekengemagtigdes van die beheerliggaam, hangende die ondersoek, verwyder het. 

Die departement sê hulle wil weens die ondersoek geen verdere inligting oor die saak bekend maak nie en sal ná die afhandeling van die ondersoek meer inligting gee.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.