Central SA
Voormalige munisipale bestuurder van Phokwane in hof─── 09:46 Wed, 09 Feb 2022
Die voormalige munisipale bestuurder van die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap, gaan na verwagting volgende maand in die hof verskyn op aanklagte van bedrog ter waarde van R2,7 miljoen.
Die 48-jarige Matshido Mogale het in die Hartswater-streekhof verskyn in verband met die onregmatige toekenning van voertuig- en reistoelae vir 13 munisipale amptenare wat nie daarvoor gekwalifiseer het nie.
Die onregmatige uitgawe het die munisipaliteit meer as R2,7 miljoen gekos.
Mogale gaan weer 1 Maart in die hof verskyn en staar ‘n bekomende klag van oortreding van die Wet op die Bestuur van Munisipale Finansies in die gesig.
OFM-nuus/Roderick Titus
