On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie sukkel met voertuie

───   16:05 Thu, 10 Feb 2022

Noord-Kaapse polisie sukkel met voertuie | News Article
Photo: Gallo

Die polisie in die Noord-Kaap het gereageer op bewerings deur die Demokratiese Alliansie (DA) dat daar 'n tekort aan polisievoertuie is wat die Jan Kempdorp-omgewing kan bedien.

Die DA se Annette van Wyk het in 'n mediaverklaring gesê net 1 uit 25 voertuie by die polisiestasie is tans in werking, en dat gemeenskappe in Jan Kempsdorp, Valspan, Ganspan en omliggende plase geen dienste ontvang nie as gevolg daarvan.

Die polisie se Olebogeng Tawana sê hul toevoerlynbestuur het hulle verseker dat Jan Kempdorp en omliggende gebiede genoeg voertuie het en dat die werklikheid is dat voertuie meganiese probleme ervaar weens die swak toestand van paaie in die gebied.

Tawana sê die Noord-Kaapse polisie wag op voertuie wat hulle in staat sal stel om beter dienste te lewer.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.