On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sperdatum vir matriek-hereksamen uitgestel

───   15:27 Wed, 16 Feb 2022

Sperdatum vir matriek-hereksamen uitgestel | News Article
PHOTO: eNCA

Die sperdatum vir matrieks om vir die Mei/Junie-hereksamen te registreer is uitgestel. Die Departement van Basiese Onderwys het die sperdatum om vir die hereksamen in Mei en Junie te registreer, na 21 Februarie vanjaar uitgestel.

Die aankondiging is gedoen nadat dit aan die lig gekom het dat probleme met aanlyn-registrasies ervaar word. 

Kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen kan slegs by streekkantore registreer of by die betrokke skool waar hulle voorheen eksamen geskryf het, terwyl kandidate vir die gewysigde Senior Sertifikaat by streekkantore in hulle provinsies kan registreer. 

Die woordvoerder vir die Departement van Basiese Onderwys in die Noord-Kaap, Geoffrey van der Merwe sê hulle verwelkom die besluit en moedig alle kandidate, wat sekere vakke moet oorskryf of punte wil verbeter, aan om van die geleentheid gebruik te maak om te registreer vir die hereksamen.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.