On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Akademia vier ‘n dekade van pionierswerk

───   10:38 Tue, 01 Mar 2022

Sponsored10:38 Tue, 01 Mar 2022
Akademia vier ‘n dekade van pionierswerk | News Article

Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, bied al tien jaar klas aan.

Op 3 Maart 2012 het Akademia 40 studente verwelkom vir hul eerste klasse in vier verskillende programme. Vanjaar spog dié instelling met bykans 2 500 studente wat gehalte-onderrig in vyf verskillende fakulteite en 17 studierigtings ontvang.

Sedert 2010 word daar aan die droom – om ’n wêreldklas-universiteit te bou wat hoop skep vir die Afrikaanse gemeenskap en nageslagte – lewe gegee. “Vandag is ons bly dat ons reeds toe begin het. Dit was ? tyd waartydens die storms rondom Afrikaans by openbare universiteite nog nie gewoed het nie,” sê Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia. “Vandag is ons goed op dreef en kan ons aan die toenemende behoefte na gehalte-onderrig in Afrikaans oor verskeie studierigtings voorsien.”

Die vestiging van Akademia was ? groot gesamentlike gemeenskapspoging, meen Visser. Tientalle toegewyde bouers, vanaf ons eerste studente tot en met ons alumni, personeel, vriende, befondsers, denkers en adviseurs het elkeen op ? uitsonderlike en unieke wyse aan dié droom gestalte gegee. Ná ? dekade se bou, werk Akademia om self nóg hoër hoogtes te bereik. Uiteindelik is Akademia ten doel om ? akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ? betekenisvolle en vrye toekoms.

Visser beklemtoon dat Akademia dankbaar is om dié groei te kan vier, maar dat die instelling opnuut die groter roepingsbesef ervaar wat betref die verantwoordelikheid jeens die toekoms. “Akademia is nou gevestig en die tyd van verdieping, verbreding en uitbou het aangebreek. Met ons waardes as kompas en ons visie as eindpunt, werk ons toegewyd om hierdie belangrike taak te verwesenlik.”

Buiten die merkwaardige groei in die programaanbod en studentegetalle wat oor die jare ervaar is, het Akademia op verskeie ander terreine  uitgebrei. Personeelgetalle het skerp toegeneem vanaf een personeellid tot byna 200 voltydse en deeltydse personeel. Akademia se nauurse onderrigleermodel is aangevul met ? voltydse kontakmodel om nog meer studiemoontlikhede vir studente aan te bied. Akademia se fakulteite brei uit na vyf, en ? e-leeropsie as deel van die nauurse onderrigleermodel word uitgerol om studies in Afrikaans wêreldwyd moontlik te maak. Boonop ken Akademia vanjaar 339 kwalifikasies toe, ? groot toename teenoor die tien kwalifikasies wat tydens die eerste plegtigheid toegeken is. Akademia se studentelewe het ook jaar na jaar versterk met die toevoeging van ? voltydse kampuservaring, koshuise en vele studenteaksies.

Die instelling beplan om deur die loop van die jaar tien groot momente, ter viering van Akademia se verjaarsdag, van stapel te stuur. Een hiervan is die publisering van ? gedenkboek, geskryf deur Ilze Nieuwoudt, met staaltjies en gebeure oor Akademia oor die jare. ? Rusbankgesprekreeks met tien episodes, Akademia-pioniers vertel, word ook bekendgestel. Die radioaanbieder, Esmarie Yssel, is die aanbieder van dié reeks. Kobus Wiese verpak ? spesiale Akademia-koffiebrandsel, en ? spesiale wyn word vir die instelling verpak. Die koffie en wyn sal later vanjaar op die aanlyn Akademia-winkel te koop wees.

Akademia is ? suksesverhaal wat net aanhou groei met behulp van die gemeenskap. “Daarom is ons dankbaar vir alle bydraes wat oor die afgelope dekade deur die gemeenskap gemaak is. Dankie aan elke student wat as’t ware hulle toekoms aan ons toevertrou. Dankie aan elke werknemer in Akademia wat meewerk aan hierdie groot verantwoordelikheid en die vervulling van ons roeping. Dankie aan elke ondersteuner – of dit nou in die vorm van donasies of bemakings is, of in die vorm van goeie gesprekke om die braaivleisvuur. Julle skep vir ons die ruimte om te bou aan ons Afrikaanse universiteit,” sluit Visser af.

Vir meer inligting oor Akademia se feesvieringe, besoek 10jaar.co.za. 

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens het met Henk Schalekamp, die voorsitter van Akademia se direksie, gepraat oor hoe hulle die groot mylpaal gaan vier. Luister hier:


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.