On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

NK-gemeenskap steeds geskok ná polisiekaptein se skietdood

───   15:33 Tue, 01 Mar 2022

NK-gemeenskap steeds geskok ná polisiekaptein se skietdood | News Article

'n Bekende en geliefde polisiekaptein se skietdood het steeds talle mense aan die praat.

Mario Brand het Saterdagaand aan skietwonde beswyk onderweg na die hospitaal.

Volgens polisiewoordvoerder, Mashay Gamieldien, is hy teen 19:45 met 'n skietwond in sy voertuig op Okiep aangetref.

Geen vuilspel word in die stadium vermoed nie.

Sy suster, Marinda Brand Mostert, het Maandag vertel dat Brand trots op sy werk was en altyd gelag het.

"Hy het by my gebly, daarom was ons baie na aan mekaar. Hy het baie hartseer in sy lewe gehad, en altyd maar deur dit voort gewerk. Ons sit ook nou met baie vrae."

Volgens haar is polisiewerk nie maklik nie, want polisiebeamptes “sien en hoor dinge wat die publiek nooit van bewus is nie.”

Sy het ten slotte gevra dat daar vir alle polisiemanne- en vroue gebid moet word, weens die moeilike aard van hulle werk.


OFM-nuus/Isaac Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.