On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Ontsnapte gevangene weer in aanhouding

───   11:44 Thu, 21 Apr 2022

Ontsnapte gevangene weer in aanhouding | News Article

Die gevangene, wat minstens ‘n week gelede vanuit polisie-aanhouding ontsnap het, is weer aangekeer.

Die 32-jarige Floors Matthys is ná ‘n uitgebreide polisie soektog in Pabalelo, Upington, vasgetrek. Hy staan tereg op aanklagte van verkragting en inbraak en was juis besig om uitwysings te maak as deel van die polisie se ondersoek, toe hy ontsnap het. 

Matthys het tydens 'n vorige hofverskyning, op die 8ste April vanjaar, sy borgtogaansoek laat vaar. Die aanklagte hou verband met ‘n aanval op ‘n 60-jarige vrou in Januarie verlede jaar. 

Polisiewoordvoerder Sergio Kock, sê Matthys gaan weer binnekort in die landdroshof op Upington verskyn. 

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.