On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Konstruksie gaan voort by geslote kliniek

───   CATHY DLODLO 09:00 Thu, 21 Apr 2022

Konstruksie gaan voort by geslote kliniek | News Article
Image for illustration purposes: IOH

Konstruksiewerkers was hard besig met herstelwerk by die Mmabana-kliniek, waarvan die deure weke gelede deur die inspekteurs van die Departement van Arbeid in die Vrystaat gesluit is.

Die kliniek is onveilig vir personeel en pasiënte verklaar. 

Tydens ‘n besoek van OFM-nuus aan die kliniek, het rye pasiënte tot in die straat gestaan en wag om deur verpleegpersoneel gehelp te word. In die straat, reg voor die kliniekgebou, loop rou rioolwater met die pad af.

Pasiënte sê die mobiele klinieke – met medisyne – wat deur die Vrystaatse Departement van Gesondheid beskikbaar gestel is as ‘n tydelike oplossing, kom laat en pasiënte en verpleegpersoneel moet buite in die oggendkoue wag.

Woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, ontken dat die kliniek deur die departement van Arbeid gesluit is. 

Hy sê aanhoudende reën die afgelope weke het herstelwerk aan die gebou bemoeilik en verdere skade aangerig. Hy sê die mobiele klinieke is beskikbaar gestel om as konsultasie-area te dien terwyl die motor-afdak as ‘n wagarea gebruik word. 

Mvambi sê verpleegpersoneel het wel gedreig om die Arbeidsdepartement in te roep om die gebou te sluit, maar dit het nie plaasgevind nie. Hy sê die gebou is net toe as gevolg van die herstelwerk.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.