Central SA
REGSTELLING: Kimberley se krane volgende week droog─── 09:51 Thu, 05 May 2022
Krane in Kimberley in die Noord-Kaap gaan van 12 - 15 Mei droog wees ná die aankondiging deur die Sol Plaatje-munisipaliteit dat dringende instandhoudingswerk aan die stad se hoofstroom-pyplyn gedoen gaan word.
Die woordvoerder van die munisipaliteit, Thoko Riet, sê die besluit is tydens 'n raadsvergadering geneem.
Sy sê die watertoevoer gaan van volgende Donderdagmiddag tot volgende Sondag afgesny word met dienste wat regoor die stad geïmplementeer gaan word om water aan inwoners te voorsien.
Riet voeg by dat die munisipaliteit voortdurend met alle inwoners en belanghebbendes sal kommunikeer rakende die vordering van die instandhoudingswerk en vra dat inwoners geduldig moet wees.
REGSTELLING: OFM-nuus het voorheen verkeerdelik berig dat watertoevoer vanmiddag afgesny sal word, maar dit is egter eers volgende week Donderdag. OFM-nuus vra verskoning vir enige ongerief.

