On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Weer tyd vir lekker lag met 'Stoepstories'

───   07:00 Sat, 14 May 2022

Weer tyd vir lekker lag met 'Stoepstories' | News Article

Dis weer tyd vir lekker lag met die jaarlikse Stoepstories wat deur die Doxa Deo Gemeente in Bloemfontein aangebied word.

“Stoepstories is een van ons drie jaarlikse vrouebyeenkomste van ons gemeente se Cherish-Vrouebediening. Dit wat verlede jaar net as ‘n Vrouegeleentheid bedoel was, het soveel ondersteuning van vroue reg oor die stad gekry, dat daar gevra is dat ons  hierdie jaar wéér ‘n Stoepstories-geleentheid sal hou,” sê Joharita Roodt, Doxa Deo Cherish se Vrouebediniengsleier.

Sy voeg verder by dat die kaartjies R80 kos, en sluit dan al die lekker eetgoed, geskenk en die lekkerlag-program in. 

“Ons vra wel dat vroue sanitêreprodukte vir ons GIRLS-projek saambring. Met hierdie projek gee ons tydens die 2 jaarlikse Streetstore uitreik hierdie sanitêre produkte aan jong meisies uit, terwyl ons ook ñ oombelik met elke meisie spandeer om met hulle te gesels oor hul liggame en die versorging daarvan.”

Sy vertel dat met hulle eerste geleentheid het die vroue só gelag vir al die stories, waarna hulle die stories saamgevat het en iets vir die gees daaruit gehaal het. Vroue het daarna saam ge-Praise en Worship, en vir mekaar gebid.

“Dit was so ‘n hartroerende oomblik om te sien hoe vroue in daardie oomblik  hulle harte uitgehuil het. Daar het soveel getuienisse uit daardie oggend se geleentheid gekom van hoe vroue weer hoop gekry het, hoe die swaar en donker in hulle lewe gelig het, hoe wonderlik dit was om net weer tussen mense te kom.”

OFM Nuus / Heidré Malgas


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.