On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Saul verteenwoordig Noord-Kaap in Spanje

───   12:06 Mon, 16 May 2022

Saul verteenwoordig Noord-Kaap in Spanje | News Article
Fufe Makatong (Left). IMAGE: Supplied

Die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, woon 'n provinsiale afvaardiging in Barcelona in Spanje en Berlyn in Duitsland by.

Dis die Green Hydrogen Global Assembly en -tentoonstelling waarby Suid-Afrika 'n geleentheid gegee word om sy vlagskip-groenwaterstofprojekte ten toon te stel.

Intussen sal die LUR vir die departement van paaie en openbare werke, Fufe Makatong, die waarnemende premier wees vir die duur van Saul se buitelandse besoek van 15-20 Mei 2022.

Volgens die Noord-Kaapse provinsiale regering bied die vergadering aan Suid-Afrika ’n wêreldwye platform om die land se groen waterstofpotensiaal en ambisie te bespreek.

'n Woodvoerder van die Premier se kantoor sê in 'n verklaring “Een hiervan is die Boegoebaai-hawe- en spoorprojek en die beplande aangrensende Groen Waterstof Spesiale Ekonomiese Sone (SEZ) in die Noord-Kaap.

"Daaropvolgende vergaderings word ook met sake-entiteite en regeringsagentskappe in Berlyn geskeduleer.

“Die Premier sal deur senior amptenare van die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die provinsie vergesel word.”

OFM Nuus / Heidré Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.