On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Reis op Vrystaatse paaie 'n doodsvonnis: VF+

───   07:20 Sat, 21 May 2022

Reis op Vrystaatse paaie 'n doodsvonnis: VF+ | News Article

Die Vryheidsfront Plus (VF+) het die Openbare Beskermer versoek om die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer se projekte te ondersoek.

Dié departement het hofsake aanhangig gemaak teen konstruksiemaatskappye wat tenders vir padprojekte ontvang het.

Volgens die VF+ se Armand Cloete kon hierdie kontrakteurs nie die projekte voltooi wat aan hulle toegeken is nie. Daar is ook glo gevalle waar paaie wat gebou is, nie aan die nodige standard voldoen nie.

Cloete het bygevoeg dat die geraamde waarde van hierdie kontrakte ongeveer R831 miljoen beloop. Die departement poog tans om verlore fondse deur regstappe te verhaal.

Cloete meen terwyl die provinsie se paaie so vervalle is, is dit onaanvaarbaar dat die departement nie die nodige sorg geneem het om tenders toe te ken nie.

Hy het bygevoeg die provinsie kan geen verdere verliese met betrekking tot sy padinfrastruktuur bekostig nie. Die departement het glo ook versuim om die nodige deurlopende monitering van die betrokke projekte uit te voer. Cloete sê soortgelyke projekvertragings, mislukte padprojekte en litigasie moet voorkom word.

“Gemeenskappe is geregtig op dienslewering en die VF Plus sal voortgaan om te verseker dat departementele wanfunksie nie hierdie dienste verder belemmer nie.”

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.