On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

BFN-klerk bedrieg glo prokureursfirma

───   11:55 Wed, 25 May 2022

BFN-klerk bedrieg glo prokureursfirma | News Article

'n Bloemfonteinse administrasieklerk is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy werknemer uit R4 miljoen bedrieg het.

Herman Badenhorst het, luidens die polisie, in die hof verskyn waar hy teregstaan op aanklagte van bedrog en geldwassery. 

Volgens polisisiewoordvoerder, Christopher Singo, het die beskuldigde Dinsdag, 24 Mei, voor die Bloemfonteinse landdroshof verskyn - nadat hy dieselfde oggend in die stad deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in hegtenis geneem is.

Singo sê daar word beweer dat Badenhorst - wat as 'n admin klerk by 'n prokureursfirma in Bloemfontein gewerk het - betrokke was by bedrieglike aktiwiteite waar hy glo betalings uit insolvente boedelrekeninge gemagtig het, en die nodige rekwisisies ingedien het vir betalings wat in sy eie persoonlike bankrekeninge inbetaal het. 

Die saak teen Badenhorst is tot 18 Julie uitgestel vir verdere ondersoek, en hy is borgtog van R10 000 toegestaan.

Die voorval het tussen Februarie 2018 en Januarie 2021 plaasgevind.

OFM-nuus / Heidré Malgas


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.