On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Khoi en San se stryd om erkenning duur voort

───   15:24 Wed, 25 May 2022

Khoi en San se stryd om erkenning duur voort | News Article
Nasionale Khoi- en San-raad voorsitter, professor Adam Botha/FOTO: Roderick Titus

Khoi- en San-gemeenskapslede en leiers het vandag by die Tol Speelman-gemeenskapsaal in Upington bymekaargekom.

Die Nasionale Khoi- en San-raad het - onder leiding van professor Adam Botha - 'n boorling van Douglas in die Noord-Kaap - aan gemeenskapslede die erkenning van Khoi- en San-gemeenskappe en leierskap verduidelik.

Prof Botha was vergesel deur die antropoloog Nokubonga Mazibuko Ngidi, SAL-raadslid, professor Edna Lorraine van Harte, en die kommissie se Adjunk, Professor Douglas Bennett.

Professor Botha sê die erkenning van tradisionele leiers en gemeenskappe sal voordelig wees aangesien dit beteken leiers sal verteenwoordig word in die Huis van Tradisionele Khoi- en San-leiers, asook dien in munisipale-, provinsiale-, en nasionale regeringstrukture.

Die Wet op Tradisionele Khoi- en San-leierskap 3 van 2019 is in November 2019 goedgekeur om voorsiening te maak vir die erkenning van tradisionele Khoi- en San-gemeenskappe.

Die raad sal binnekort hul aanbeveling aan die Premiers van die verskillende provinsies maak, sodat die nasionale regering 'n besluit kan neem oor die aansoek om Khoi- en San-gemeenskap- en leierserkenning.

Die aansoek om erkenning van Khoi- en San-gemeenskappe en leierskap het op 30 Maart vanjaar geopen en sluit om middernag op Vrydag 29 Maart 2024.

OFM Nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.