Central SA
Noord-Kaap man kry drie jaar tronkstraf vir bedrog─── LUCKY NKUYANE 16:10 Tue, 31 May 2022
Die 21-jarige Michael Ruan van Wyk is in die Springbok-landdroshof aan bedrog skuldig bevind.
Dit volg nadat hy in 2021 probeer het om 'n Namakhoi-munisipaliteit tender ter waarde van R15 miljoen valslik aan 'n sakeman te verkoop.
Die sakeman het die voorval onder die aandag van die Valke se ernstige georganiseerde misdaadintelligensie-eenheid in Springbok gebring, en 'n operasie is van stapel gestuur.
Van Wyk het R100 000 geëis om die tender te verseker, waarna 'n ooreenkoms bereik is waarin R10 000 as waarborg aan hom betaal sou word - wat eindelik tot sy arrestasie gelei het.
Die Valke se Tebogo Thebe sê Van Wyk het sedert sy inhegtenisneming verskeie hofverskynings gemaak en sederdien skuldig gepleit in terme Artikel 112 van die Strafproseswet.
Hy sal sy drie jaar gevangenisstraf direk uitdien.
OFM-nuus/Roderick Titus
