On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Staptog ter ondersteuning van kinderbeskerming

───   HEIDRÈ MALGAS 15:23 Fri, 03 Jun 2022

Staptog ter ondersteuning van kinderbeskerming | News Article
Die SAPD-span wat bestaan uit lede van Sigbare Polisiëring, Korporatiewe Kommunikasie, Skakeling en Werknemergesondheid en Welstand tydens die Bewusmakingstaptog/FOTO: Verskaf

’n Bewusmakingstaptog was vandag by Naval Hill gehou as deel van Nasionale Kinderbeskermingsweek.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Mangaung Metro en Engo Vrystaat onder andere het aa die staptog by die Brandkop Trailrun deelgeneem ter ondersteuning van kinderbeskerming

"Engo het 'n groot rol gespeel om die dag moontlik te maak, en hul fokus is om vir kinders en kwesbare groepe om te sien," sê Thabo Covane, woordvoerder van die polisie.

Hy het verder bygevoeg dat die spanne wat aan die staptog en besprekings deelgeneem het, bestaan het uit onderwysers, leerders van Laerskool Onze Rust, werknemers van die Onderwysdepartement, maatskaplike ontwikkelingsdepartement en G4S, wat almal 'n belangrike rol gespeel het om met die leerders oor verskillende onderwerpe te praat.

“Die spanne was betrokke by verskillende onderwerpe soos kinderregte, tienerswangerskap, afknouery, verskeie seksuele misdrywe en dwelmmisbruik tydens die staptog,” het Covane verder bygevoeg.

Nasionale Kinderbeskermingsweek duur van 29 Mei – 5 Junie

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.