Central SA
Ongeluk-slagoffers as onwettige myners uitgeken─── 10:04 Mon, 13 Jun 2022
Vier mense wat verlede week in die Noord-Kaap dood is nadat 'n bakkie met 25 mense op, in 'n ongeluk was, is as onwettige myners uitgeken.
Die ongeluk het gekom nadat die mynwerkers vroeër met onder meer die polisie vergader het rakende 'n insident by 'n myn.
ALSO READ: Overloaded NC vehicle crashes, leaving 4 dead
OFM-nuus het vroeër berig die ongeluk het Donderdag op die pad tussen Kleinzee en Port Nolloth in die Noord-Kaap gebeur. Volgens ingeligtes het die vergadering gekom nadat verskeie mynwerkers in Mei gewond is by 'n De Beers-myn, naby Kleinzee.
Hulle het toe glo sonder permitte gaan werk, maar met die sekuriteitsbeamptes slaags geraak, waar twee mense oorlede is.
ALSO READ: #BreakingNews: Fatalities reported following shootout
Van die 25 wat op die bakkie was, is verskeie ook ernstig beseer. Diegene wat ernstig beseer is, is na die hospitaal op Port Nolloth gebring.
Die name van die oorledenes kan nog nie bekend gemaak word nie, omdat hulle heel moontlik buitelandse burgers van Lesotho was.
Intussen het verskeie inwoners van Zimbabwe by OFM-nuus navraag gedoen oor die name van die oorledenes, aangesien van hulle familielede ook in Namakwaland werk en hulle is bekommerd dat die oorledenes van hul familielede kan wees.
Die polisie het die ongeluk bevestig en die ondersoek duur voort.
