Central SA
Santaco in ZF Mcgawu kondig prysstygings in streek aan─── 16:10 Mon, 13 Jun 2022
Die streeksvoorsitter van die ZF Mcgawu-taxivereniging, Santaco, Vernon Oor, sê plaaslike verbruikers in dié streek moet hulle regmaak vir 'n prysstyging in die prys wat taxi's vra en tans R15,00 beloop.
Oor sê omdat die bedryf die belang van die gebruikers in ag neem, is daar besluit dat pryse van R15,00 na R17,00 gehef gaan word.
Oor sê die res van die prysstygings, wat langafstande insluit, sal deurlopend gekommunikeer word.
Hy sê die prysstyging sal vanaf 1 Julie 2022 van krag wees.
Inwoners is dit egter eens dat die styging in die prys van plaaslike taxi's die gemeenskap wat reeds sukkel verder in armoede gaan dompel.
OFM-nuus/Roderick Titus
