On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

ZF Mgcawu uitvoerende burgemeester deur Valke in hegtenis geneem

───   07:00 Sat, 18 Jun 2022

ZF Mgcawu uitvoerende burgemeester deur Valke in hegtenis geneem | News Article

Die adjunkvoorsitter van die ANC in die ZF Mgcawu-distrik in die Noord-Kaap, wie ook die uitvoerende burgemeester van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit is, is volgens die Valke een van die vier verdagtes wat in Upington in hegtenis geneem is.

OFM-nuus se Roderick Titus berig Marius Louw is deel van die vier verdagtes wat Vrydagoggend vir korrupsie in hegtenis geneem is nadat 'n motorfinansieringsmaatskappy, Wesbank, vanuit motorversekering ter waarde van meer as 'n miljoen rand bedrieg is.

LEES OOK: Vier in hegtenis geneem nadat hulle finansieringsmaatskappy bedrieg

Die Valke se Kaptein Tebogo Thebe sê in 'n verklaring dat Louw op R5 000 borgtog vrygelaat is, gevolg deur sy vrou, Gertrude Louw, op R1 000. Dit, terwyl Bernadette Isaks ook op R1 000 en Steven Beukes op R5 000 borgtog vrygelaat is. 

LEES OOK: ZF Mgcawu Speaker reageer op beweerde inhegtenisname van burgemeester

Die verdagtes verskyn weer in die hof in Upington op die 11de Julie vanjaar.

OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.