On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Beloning aangebied om vermiste seun te help opspoor

───   16:05 Mon, 20 Jun 2022

Beloning aangebied om vermiste seun te help opspoor | News Article
FOTO: Agus Mamogie

Die soektog na 'n vermiste vyf-jarige seun, Le-Virno van Wyk van Louisvaleweg aan die buitewyke van Upington, duur steeds voort.

Dit, terwyl hulp gevra word van mans in die omgewing om te help met die hantering van pype om die water uit te pomp wat opdam tussen die riete waar die soektog voortgesit word.

Agus Mamogie, lid van die soekspan, sê hulle het vroeg vanoggend 'n waterpomp ingespan om die water uit te pomp, terwyl die reën wat tans val, sake bemoeilik.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het op hulle beurt 'n beloning aangebied vir enige inligting wat kan lei tot die opsporing van die seun.

Sersant Ompile Masegela sê die seun het sedert die 31ste Mei vanjaar spoorloos verdwyn en die soektog het sedertdien niks opgelewer nie.

Sy sê die kinderbeskermingseenheid kan met inligting rakende die seun genader word, en dat die polisie enige inligting vertroulik sal hanteer.

Intussen duur die soektog na die seun voort.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.