On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#ANC: Uitvoerende burgemeester van ZF Mgcawu staan opsy

───   16:30 Tue, 21 Jun 2022

#ANC: Uitvoerende burgemeester van ZF Mgcawu staan opsy | News Article

Die provinisiale sekretaris van die ANC in die Noord-Kaap, Deshi Nxanga, sê die party het 'n dokument van die uitvoerende burgemeester en adjunk-distriksvoorsitter van die party van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit, Marius Louw, ontvang.

In dié skrewe dui Louw aan dat hy ingevolge die ANC se opsystaanreël gaan terugstaan.

LEES OOK: ZF Mgcawu Speaker reageer op beweerde inhegtenisname van burgemeester

Dit volg nadat Louw en sy vrou Vrydag saam met nog twee verdagtes deur die Valke in hegtenis geneem is op twee klagte van bedrog. 

LEES OOK: ANC se opsystaanreël sal ook vir ZF Mgcawu-burgemeester geld

Louw sal volgens Nxanga vanuit sy pos as uitvoerende burgemeester en die posisie van die adjunk distriksvoorsitter van die party terugstaan.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.