On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Liggaam van ontvoerde Kimberley-man deur verbyganger in veld gevind

───   14:09 Tue, 21 Jun 2022

Liggaam van ontvoerde Kimberley-man deur verbyganger in veld gevind | News Article

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Kimberley soek na inligting wat kan help in die ondersoek na die dood van 'n 40-jarige man, wat Saterdag in die stad by Samariaweg ontvoer is en deur 'n verbyganger in die veld ontdek is.

Luitenant-kolonel Sergio Kock van die polisie sê die slagoffer se rooi Opel Corsa-bakkie is ook verlate in die veld gekry naby die plek waar sy liggaam ontdek is.

Kock sê indien enige persoon oor inligting beskik wat kan help met die ondersoek, moet hulle die naaste polisiestasie kontak.

LEES OOK: Kimberley-polisie ondersoek ontvoering van 40-jarige man

OFM-nuus het Maandag berig dat die voorval Saterdagmiddag omstreeks vier-uur plaasgevind het, toe die man vier onbekende mans vir 'n sake-afspraak ontmoet het.

Hy sê dit is onbekend wat tydens die byeenkoms verkeerd gegaan het wat gelei het tot verskeie skote wat afgevuur is, waarna die mans die 40-jarige in die rooi Opel Corsa-bakkie met registrasienommer BSX 069 NC geforseer het en weggejaag het.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.