Central SA
Slegs een Vrystaatse Paaie-ingenieur by raad geregistreer─── HEIDRÈ MALGAS 15:51 Tue, 21 Jun 2022

Die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer is deurspek met "ongekwalifiseerde ingenieurs", volgens die Vrystaatse Demokratiese Alliansie se lid in die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP), George Michalakis.
Hy sê van die 23 mense wat deur dié department in die Vrystaat aangestel is as direkteure (3), hoofingenieurs (10), streekingeniers (6) en padingenieurs (4), is daar - sover die DA kan vasstel - slegs een ten volle gekwalifiseerde ingenieur wat by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) geregistreer is. Van die direkteure wat met paaie te doen het, is daar slegs een wat by die ECSA as 'n "professionele ingenieurstegnikus" geregistreer is.
“Die ECSA is 'n statutêre liggaam ingevolge die Wet op Ingenieursberoepe (EPA) 46/2000 wat die professie reguleer. Versekeringsmaatskappye betaal gewoonlik ook nie eise waar die ingenieur nie by die ECSA geregistreer is nie,” het Michalakis gesê.
Hy het gesê agt van die hoofingenieurs word by die ECSA gelys as "kandidaat ingenieurstegnici" of "- tegnoloë." Die ander twee kan glad nie op die databasis gekry word nie. Drie van hierdie mense het nie enige soort ingenieursgrade nie en het slegs diplomas.
Hy het bygevoeg die DA verstaan dat paaie wat goed onderhou word, lewens kan red en die ekonomie kan laat groei.
“Die DA sal navraag doen by die minister van vervoer, Fikile Mbalula, oor hoekom 'n minimum standaard van professionaliteit en kwalifikasie vir padingenieurs nie nasionaal geïmplementeer word nie,” het hy gesê.