On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Zastron-gemeenskap byna twee weke sonder water

───   HEIDRÈ MALGAS 13:26 Thu, 23 Jun 2022

Zastron-gemeenskap byna twee weke sonder water | News Article

AfriForum het klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor die waterkrisis in Zastron.

Die gemeenskap sit al byna twee weke sonder water nadat ’n waterpomp opgepak het en gevolglik is daar nou geen watertoevoer na dié dorp nie.

Volgens Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, staan die Afriforum-tak in Zastron sedert 10 Junie 2022 die gemeenskap met water by.

"Die Zastron-tak het reeds water na ouetehuise vervoer en dit ook aan gemeenskapslede versprei," het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die Mohokare-munisipaliteit ook verantwoordelik gehou moet word, want hulle ontneem die gemeenskap van basiese menseregte. Die Zastron-tak voorsien die gemeenskap met water sedert die munisipaliteit versuim het om enige bystand te verleen.

OFM-nuus het met die Menseregtekommissie se Thabang Kheswa, woordvoerder van die Menseregtekommissie, gesels en hy het bevestig het dat hulle wel klagte van Afriforum ontvang het. “Dit is op 21 Junie 2022 ingedien, en ons neem dit deur die registrasie- en assesseringsproses,” het Kheswa gesê.

OFM-nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.