Central SA
Lof vir vinnige herstel van kragtoevoer ná ontploffing─── HEIDRÈ MALGAS 11:23 Thu, 30 Jun 2022
Die kragtoevoer na Hillcrest in Kimberley is suksesvol herstel nadat 'n substasie gister ontplof het en drie elektrisiëns beseer is.
Volgens Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, is die kragtoevoer omstreeks 02:00 vanoggend herstel.
"Ons loof die span vir hul toewyding. Hulle het deur die nag gewerk om die krag se herstel," het sy gesê.
Sy het bygevoeg dat die beseerde voorman, Faik Adams, in 'n Bloemfonteinse hospitaal met ernstige beserings opgeneem is. Sy toestand is nou stabiel.
“Die vakleerling, Wafieka Cameldien, het ligte beserings opgedoen en is steeds in 'n plaaslike hospitaal en die ander elektrisiën, Pearl Molefe, het geen beserings gehad nie maar is vir skok opgeneem. Sy sal ook terapie moet ondergaan weens die trauma wat sy aanskou het,” het Riet vertel.
Sy wens hulle almal voorspoed en 'n spoedige herstel toe.
