On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe sonkragaanleg sal kragnood aanspreek

───   17:00 Wed, 20 Jul 2022

Nuwe sonkragaanleg sal kragnood aanspreek | News Article

Die Noorse maatskappy Scatec kan nou, nadat hy finansiering bekom het, begin met die bou van drie aanlegte wat altesaam 540 megawatt sonkrag sal opwek.

Die sonkragaanleg by Kenhardt in die Kai Garib-omgewing sal deurlopend 150 megawatt krag kan lewer, met reserwes wat gespaar sal word vir tye wanneer die weer ongunstig is.

Dit is een van die projekte wat deel vorm van die regering se noodkragprogram om bystand aan Eskom te verleen, en sal minstens R16,4 miljard kos.

Scatec se hoofbestuurder op die kontinent suid van die Sahara, Jan Fourie, sê die Kenhardt-aanleg sal die grootte van vier Kaapstad-stadions dek, en sal die nasionale kragnetwerk van 05:00 tot 21:30 kan voorsien wanneer dit voltooi is.

Fourie voeg by een van die voordele vir omliggende gemeenskappe sal die oprigting van 'n selfoontoring deur Vodacom wees, wat selfoonontvangs in die gebied sal verbeter en 2 000 werksgeleenthede sal skep in die konstruksiefase oor 15 maande.

Fourie sê die aanleg sal minstens 2 miljoen sonpanele oor 'n gebied van 10 by 10 kilometer gebruik om krag op te wek.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.