On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vals alarm jaag Welkom-gemeenskap op hol

───   HEIDRÈ MALGAS 10:37 Fri, 29 Jul 2022

Vals alarm jaag Welkom-gemeenskap op hol | News Article

Inwoners van Welkom was Vrydagoggend bekommerd ná gerugte op sosiale media dat leerders by die Hoër Tegniese Skool (HTS) oral rondgehardloop het ná “geweerskote en skokgranate”.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, het gesê daar was nié ‘n skietery by die skool nie, soos wat talle vermoed het. Dit was glo net vuurwerke. Niemand is ook in die voorval beseer nie.

Howard Ndaba, woordvoerder van Onderwys in die Vrystaat, het bevestig dat dit vuurwerke was wat deur leerders geskiet is en dat alles by die skool weer na normal teruggekeer het. “Die departement wag op 'n verslag van die skoolhoof,” het Ndaba gesê.

Inwoners kan verseker wees dat niemand beseer is nie en dat daar niks is om oor bekommerd te wees nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.