On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Kroon weer terug in Kroonstad - Dorp van die Jaar

───   15:09 Mon, 01 Aug 2022

Kroon weer terug in Kroonstad - Dorp van die Jaar | News Article
PHOTO: Facebook

Die kroon is uiteindelik terug in Kroonstad nadat dié dorp Kwêla (DStv) se nasionale Dorp van die Jaar-titel gewen het.

Die dorp is vroeër in Julie as finalis vir die kompetisie aangewys en het uitgestyg as die wenner van Dorp van die Jaar.

Een van die lede van Ignite and Revive - die klein groepie sakemanne wat besluit het om hierdie middelpunt van 'n ryk landboudistrik op te knap - Pieter van Rensburg, het aan OFM-nuus gesê hulle het verwag om hierdie titel te wen aangesien hulle baie moeite gedoen het met bemarking en opknapping van die dorp.

Van Rensburg het bygevoeg hierdie oorwinning beteken die dorp sal nuwe voete na die dorp kan lok, wat die dorp se ekonomie ’n hupstoot kan gee deur die bestaande besighede te bemark en te wys waaroor Kroonstad gaan. 

“Ten spyte van die kompetisie wat amptelik geëindig het, sal ons momentum behou en voortgaan om opknappings in die dorp te doen,” het Van Rensburg bygevoeg.

Volgens Van Rensburg gaan die dorp tussen 20 en 23 Oktober 2022 ’n fees aanbied, in samewerking met die Kia Dorp van die Jaar-Makietie-fees.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.