Central SA
Hoë poste in Noord-Kaap SAPD gevul─── 11:47 Tue, 02 Aug 2022
Die Nasionale Polisiekommissaris, Generaal Fannie Masemola, het Luitenant-Generaal Koliswa Otola as Provinsiale Kommisaris; en Luitenant Generaal Tebello Mosikili as Adjunk-Polisiekommissaris in die Noord-Kaap aangewys.
Die aanstelling van Otola volg nadat die pos in 2019 vakant geword het toe Luitenant-Generaal Risimati Shivirwie afgetree het.
Polisiewoordvoerder Mashay Gamaldien sê hierdie aanstellings kom aan die begin van Vrouemaand en word verwelkom. Die geleentheid is deur die Noord-Kaapse Premier, Zamani Saul; die Minister, Bheki Cele, asook senior polisielede bygewoon.
Gamaldien het gesê die fokus van die nuut-aangestelde kommissaris sal op die bekamping van geslagsgebaseerde misdaad, beskadiging van infrastruktuur en kabeldiefstal wees.
Saul het egter bygevoeg dat die regering - in samewerking met die SAPD - misdaad in die provinsie kan bekamp.
