On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Skaapskêr-verdagte (64) ondergaan psigiatriese evaluering

───   ELSABÉ RICHARD 11:18 Fri, 12 Aug 2022

Skaapskêr-verdagte (64) ondergaan psigiatriese evaluering | News Article

‘n 64-jarige Verkeerdevlei-man sal na verwagting psigiatriese evaluering ondergaan nadat hy na bewering vier mense, wat sy dogter en twee kleinkinders insluit, met 'n skaapskêr gesteek en toe gyselaar gehou het.

Volgens ‘n Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, is die verdagte, wat as Buti Nkone geïdentifiseer is, se kleinkinders onderskeidelik 13 en 15 jaar oud.

OFM-nuus het vroeër berig dat Nkone in hegtenis geneem is toe hy na bewering sy slagoffers vir vier uur lank gyselaar gehou het nadat hy hulle met ‘n skaapskêr gesteek het. Die polisie se taktiese reaksiespan moes ingryp om die gesin te red.

Nkone het Donderdag in die Brandfort-landdroshof verskyn vir 'n formele borgtogaansoek, maar die saak is weer uitgestel tot 17 Augustus sodat hy psigiatriese evaluering kan ondergaan.

Thakeng sê die polisie ondersoek nog die voorval.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.