On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Snerpende koue Sondag in Noord-Kaap, Vrystaat verwag

───   07:00 Sat, 13 Aug 2022

Snerpende koue Sondag in Noord-Kaap, Vrystaat verwag | News Article
FOTO: iStock.

Inwoners in die Noord-Kaap en Vrystaat kan hulle staal vir snerpende koue dié komende Sondag.

Michael Nethavani van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê Sondag slaan die koue weens nog 'n kouefront behoorlik in die genoemde provinsies toe, met verwagte maksimum temperature van 9 tot 21 grade in die suidelike dele.

Hy sê verder winde van tussen 30 en 40 kilometer per uur word Saterdag in die suidelike dele van die Noord-Kaap én Vrystaat verwag, wat kan lei tot wegholveldbrande.

Dagtemperature begin volgens Nethavani Maandag verbeter met minimum-temperature van -2 en -4. Maksimum-temperature in die twee provinsies gaan tussen 14 en 20 grade wissel, met 'n effense opwaartse neiging van tussen 18 en 22 grade Dinsdag.

Temperature stabiliseer daarna tot in die middel twintigs, het Nethavani aangevoer.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.